Boris Johnson

Boris Johnson
Boris Johnson
Boris Johnson (amptelike portretfoto)

Ampstermyn
24 Julie 2019 – 6 September 2022
Vise Dominic Raab
Monarg Elizabeth II
Voorafgegaan deur Theresa May
Opgevolg deur Liz Truss

Minister van Buitelandse en Statebondsake
Ampstermyn
13 Julie 2016 – 9 Julie 2018
Eerste minister Theresa May
Voorafgegaan deur Philip Hammond
Opgevolg deur Jeremy Hunt

Burgemeester van Londen
Ampstermyn
4 Mei 2008 – 9 Mei 2016
Vise Richard Barnes
Victoria Borwick
Roger Evans
Voorafgegaan deur Ken Livingstone
Opgevolg deur Sadiq Khan

LP vir Uxbridge en South Ruislip
Ampsbekleër
Termynaanvang
7 Mei 2015
Voorafgegaan deur John Randall

LP vir Henley
Ampstermyn
9 Junie 2001 – 4 Junie 2008
Voorafgegaan deur Michael Heseltine
Opgevolg deur John Howell

Persoonlike besonderhede
Gebore 19 Junie 1964 (1964-06-19)
Manhattan, New York
Politieke party Konserwatiewe Party
Eggenoot/-note Allegra Mostyn-Owen (1987–1993; geskei)
Marina Wheeler (1993–September 2018 - vervreem van mekaar)
Carrie Symonds (2018–; verloof)
Kind(ers) Lara Lettice Johnson
Milo Arthur Johnson
Cassia Peaches Johnson
Theodore Apollo Johnson
Alma mater Balliol College, Oxford
Professie Konserwatiewe politikus
Religie Christen (Kerk van Engeland)

Alexander Boris de Pfeffel Johnson (gebore 19 Junie 1964), beter bekend as Boris Johnson, is 'n Britse politikus en sedert 24 Julie 2019 Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (VK).[1] Na 'n rekordgetal van bedankings uit sy regering, het hy sy hangende bedanking op 7 Julie 2022 aangekondig.[2][3][4][5] Sy bedanking het op 6 September 2022 in werking getree toe hy deur Liz Truss as eerste minister opgevolg is.[6]

Hy was van 2001 tot 2008 lid van die parlement van die VK, waar hy Henley-on-Thames in die kiesafdeling van Oxfordshire verteenwoordig het. Tussen 4 Mei 2008 tot 7 Mei 2016 het hy as Londen se burgemeester gedien. Vanaf 13 Julie 2016 tot 9 Julie 2018 het Johnson die amp van minister van buitelandse en statebondsake onder die eerste minister Theresa May beklee.

Op 23 Julie 2019 is Boris Johnson deur lede van die Konserwatiewe Party met 66 persent van die uitgebragte stemme as nuwe partyleier verkies. Sedert 24 Julie 2019 beklee hy die amp van eerste minister in 'n konserwatiewe minderheidsregering.[7]

Terwyl Johnson sy keuse van minsters, wat merendeels by die Konserwatiewe Party se regtervleuel gereken word, as 'n "cabinet for modern Britain" beskryf[8], sien kommentator Hannah Jane Parkinson (The Guardian) The most awful dinner party of all time rondom die kabinetstafel vergader.[9]

Johnson het aan die Universiteit van Oxford gestudeer en was ook president van die bekende Oxford Union. Boris was die redakteur van die inligtingstydskrif The Spectator, neem gereeld aan TV-debatte deel en is welbekend vir sy eksentrieke karakter. As boorling van New York het hy eers in 2017 afstand gedoen van sy Amerikaanse burgerskap - na bewering om belasting te bespaar.[10] Persone met Amerikaanse burgerskap bly belastingpligtig in die Verenigde State, selfs as hulle in oorsese lande woonagtig is en moontlik 'n tweede burgerskap aanvaar het.[11][12][13]

  1. Tim Ross (23 Julie 2019). Boris Johnson Wins Race to Be Next British Prime Minister. Bloomberg. URL besoek op 23 Julie 2019.
  2. "LISTED: All the Tory MPs who have resigned since Sajid Javid and Rishi Sunak quit". The Northern Echo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2022. Besoek op 6 Julie 2022.
  3. "Government resignations: Who has gone, who is staying?". BBC News (in Engels (VK)). 6 Julie 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2022. Besoek op 6 Julie 2022.
  4. "Chris Mason: Boris Johnson facing day of judgement". BBC News (in Engels (VK)). 6 Julie 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2022. Besoek op 6 Julie 2022.
  5. "'Charge of the lightweight brigade': Starmer uses PMQs to mock Tories". the Guardian (in Engels). 6 Julie 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2022. Besoek op 7 Julie 2022.
  6. "In pictures: Liz Truss becomes UK's 56th PM" (in Engels). BBC News. 6 September 2022. Besoek op 6 September 2022.
  7. "Boris Johnson elected new Tory leader and prime minister". The Guardian (in Engels). 23 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 23 Julie 2019.
  8. BBC News, 25 Julie 2019: Prime Minister Boris Johnson: Does his cabinet reflect 'modern Britain'? Besoek op 25 Julie 2019
  9. "Snakes, stupidity and sycophants: the horror of the Johnson cabinet". The Guardian (in Engels). 25 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 25 Julie 2019.
  10. "Boris Johnson gee VSA-burgerskap op". Republikein. 10 November 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 27 Julie 2019.
  11. The Guardian, 9 Februarie 2017: Boris Johnson among record number to renounce American citizenship in 2016. Besoek op 25 Mei 2020
  12. Experts for Expats.com: UK/US Dual Citizens Tax Guidance. Besoek op 25 Mei 2020
  13. The Guardian, 25 Augustus 2019: British citizens born in US risk having UK bank accounts frozen. Besoek op 25 Mei 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search